Clover en Skouspel bied goeie vermaak vir oud en jonk
Vanjaar was Clover se 10-jaar herdenking van die Skouspel borgskap. Die Skouspel bestuur voldoen elke jaar aan die vereistes om mense te lok na hierdie prestige geleentheid.
Vanjaar was Clover se 10-jaar herdenking van die Skouspel borgskap. Die Skouspel bestuur voldoen elke jaar aan die vereistes om mense te lok na hierdie prestige geleentheid.
Weer eens was die groep kunstenaars en die stelproduksie betowerend, met steunpilare soos Heinz Winckler, Dozi, Chris Chameleon, Laurika Rauch, Coenie De Villiers, Kurt Darren en Nianell. Voeg dan die nuwe bloed soos Elvis Blue, Ray Dylan, Die Heuwels Fantasties en nog vele meer by en daar was ’n diamantmyn van sangers!
Skouspel was een van die heel eerste vertonings wat Suid-Afrikaanse kunstenaars aan die publiek bekendgestel het. Clover speel dus daadwerklik ’n rol om die oplewing van Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek aan te moedig.
Clover is vereer met ’n toekenning vir sy deurlopende toewyding tot die Suid-Afrikaanse kunste. Johann Vorster het tydens sy toespraak opgemerk hoe Clover oor die laaste jaar of twee die nuwe slagspreuk van ‘Soveel Beter’ in alle opsigte aangegryp het, en dat die maatskappy en sy mense dit passievol uitleef. Clover is, net soos Skouspel, passievol oor sy bydrae tot en uitlewing van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Ietsie vir die jongspan…
Clover het ook ’n opwindende dag by die Valley of Waves vir die kinders beplan, met ’n karaoke kompetisie en hope weggeepryse. Te danke aan ongure weer, het mense maar traag die Valley aangedurf, maar later het die son tog wel sy opwagting gemaak. Errol Davids van 7de Laan faam en die sanggroepe Cortina en Die Kat se Snor, het die skare op die strand vermaak. Skouspel kunstenaars het ook ’n draai op die verhoog gemaak en die meisies (en hul ma’s) het met groot gejuig die musiek van Armand Hofmeyr en Willem Botha geniet.
Kinders van klein tot groot het hul talent op die verhoog gewys en die wenners het met lekker pryse van Clover weggestap. Buiten die aktiwiteite by die Valley of Waves, kon mense ook hul dors les met produkte wat beskikbaar was by die Clover Kiosk op die Monkey Plaza.
Skouspel – en Clover – het beslis die vele feesgangers beïndruk met Soveel Beter vermaak!