Aardklop 2012: Soveel Beter met Clover
On November 21st, 2012
Clover het weer dié jaar die studentedorp Potchefstroom op horings geneem tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vanaf 2 tot 7 Oktober. As naamborg van die fees, het Clover se handelsmerk orals gepryk… om nie te praat van sy heerlike produkte nie. Hier is ’n paar hoogtepunte van die
Clover het weer dié jaar die studentedorp Potchefstroom op horings geneem tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vanaf 2 tot 7 Oktober. As naamborg van die fees, het Clover se handelsmerk orals gepryk… om nie te praat van sy heerlike produkte nie. Hier is ’n paar hoogtepunte van die fees.
Klop-klop treflyn
Jare gelede het laerskoolkinders mekaar op die speelgrond met die nuutste klop-klop grappie probeer troef. Vanjaar het die kunstefees hierdie tydlose treflyn afgestof om almal daaraan te herinner dat 2012 se kunstefees een is wat nie durf misgeloop word nie.
Clover Melkweg
Clover het feesgangers genooi na die Clover Melkweg. Hierdie area was ’n groot aantrek-kingskrag, waar Clover gespog het met produkte soos Tropika, Aquartz, suiwelprodukte en Danao.
Aquartz het ’n koel wateroase gebied vir die moeë feeslywe – elke persoon wat ses botteltjies gekoop het, het in aanmerking gekom om ’n 10-minute massering te kry.
Tropika het ’n prettige see-en-sand ervaring gebied, en die vuurwarm Tropika-span het strandballe en frisbees vir die kinders uitgedeel. Van die feesgangers het vir ’n paar minute op die hangmat uitgespan.
Daar is ook kookdemonstrasies gedoen met Clover-suiwelprodukte en besoekers aan die Clover Melkweg is verwelkom met heerlike happies wat voorberei is deur die sjefs. Die Clover Dovers het soos gewoonlik die happies met liefde aangebied.
Danao het gesorg vir vermaak vir die kinders met ’n trampolien vol kleurvolle balle, gesig-verwers en baie ander aktiwiteite. Die kinders kon heerlik speel terwyl ma ’n massering ontvang het.
Clover ATKV Anglogold Ashanti Verhoog
Hierdie verhoog het daagliks gesorg vir vermaak vir oud en jonk. Clover het gereelde kletssessies aangebied met akteur en TV-persoonlikheid Hannes van Wyk. Hy het onder andere gesels met Brümilda van Rensburg oor haar loopbaan as aktrise. Prof Elain Vlok was ook in die kollig, en het gesels oor Clover Mama Afrika wat al verskeie toekennings ontvang het.
Aangesien Hannes van Wyk ’n aanbieder is van die gewilde TV-program Bravo, is een van die programme by die fees verfilm.
Clover vereer kunstenaars
Clover speel graag ’n aktiewe rol in die bevordering van die kunste, en het ’n paar toekennings geborg by die amptelike toekenningsgeleentheid. Die volgende Clover-toekennings is oorhandig:
• R15 000 aan die beste akteur: Wessel Pretorius (Ont-)
• R15 000 aan die beste aktrise: Sandra Prinsloo (Oscar en die pienk tannie en Liefde, Anna)
• Clover Mama Afrika-prys vir die beste gemeenskapskunstenaar (R5 000): Nadia Jansen van Vuuren
• R60 000 vir die beste produksie: Op dees aarde
Dit was ’n groot oomblik vir die kunstenaars toe hulle hul toekennings by Dr. Chris Lerm en Prof Elain Vlok ontvang het. Soveel Beter Afrikaanse vermaak? Verseker. En Clover is ’n volbloed ondersteuner daarvan!